Beste skryfprojek vir Engelse skrywers in Singapoer


Artikel vertaal vanaf WRIPES for Singapore, met voorafgaande outorisasie


Wil jy 'n beroemde aanlynskrywer wees?

Hunker jy daarna om 'n riller of miskien 'n opspraakwekkende komposisie, te lees? Of smag jy daarna om jou inhoud te publiseer, erkenning te verwerf en 'n beroemde skrywer te word vir jou voorbeeldige literêre vaardighede?

Jy behoort al teen die tyd uitgeput te wees deur die soeke na so 'n platform, maar goeie nuus vir jou - jou soektog eindig hier!

Jy het jou vuurpyl suksesvol in daardie maankrater beland, waar jy nie slegs boeiende literêre vaardighede van vakkundiges regoor die hele wêreld sal opdoen nie, maar ook die geleentheid sal kry om 'n erkende skrywer met jou  inskrywings te word.

So, lesers en skrywers, gee 'n sug van verligting, want jy is binnekort op die punt om die magiese gebied te betree, waar jou drome die werklikheid ontmoet.

Sweek.com het tot jou redding gekom!

Jou prentjie-perfekte droom, nie waar nie? Lees dan voort - 'n vinnig groeiende, lees en-skryfplatform - Sweek, is jou verhoog, wat jou die geskikte literêre instrumente bied om die skryfwêreld te verower en jou help om jou skryfprofiel op te bou en te ontwikkel deur gereeld mini-kompetisies aan te bied.

Die WRIPES - Unieke Tipe Skryfprojekte

Maar as jy vinnig 'n gevestigde skrywer wil word, is die sterk aanbeveelde skryfprojek die beste geskik vir jou. Ja, jy het reg geraai - hier op Sweek noem ons hulle graag die WRIPES - 'n akroniem wat staan ​​vir die 'WRIting ProjEctS' wat gereël word deur Sweek se voormalige handelsambassadeur Chinthaka Nanayakkara.

Dit is aanvanklik 'n paar jaar gelede as 'n klein projek aangebied, en is vandag een van die toonaangewende skryfprojekte ter wêreld waaraan elke voornemende skrywer wil deelneem. En as jy eenmaal betrokke was, sal jy nooit weer wil vertrek nie as gevolg van die ryke leerervaring van professionele skrywers, asook hul voortdurende ondersteuning en aanmoediging wat jou help om jou drome te verwesenlik.

Chinthaka Nanayakkara (inhoud met vriendelike vergunning van: Sweek.com)

Chinthaka Nanayakkara het 'n handelsambassadeur van Sweek geword (nou nie meer nie) toe die platform slegs twee jaar oud was. Sedertdien het hy vyf skryfprojekte namens Sweek georganiseer (wat hy graag WRIPES noem), wat tientalle jong skrywers sowel as honderde lesers lok.

WRIPES is unieke soort skryfprojekte wat ten doel het om beginners aan te moedig om hul verhale as mini-boeke te ontwikkel deur middel van terugvoering. Dan word hierdie boeke gewild gemaak deur hul eie spanpoging. Die redigering van mini-e-boeke word deur Chinthaka self gedoen, en as die boeke hom interesseer, ontwerp hy pragtige boekomslae vir hulle, lys dit in sy eie persoonlike blog en laat hulle in promosievideo's verskyn - alles gratis!

In 2018 het WRIPES erkenning deur die Verenigde Nasies verkry en word deur Sweek Admin met spesiale amptelike blogposte verheug. Sy WRIPE-4 oor Wêreld Asteroïeddag het hom 'n gasblogger in die wêreldbekende Astronomy Magazine gemaak. WRIPE-6 is tans aan die gang en jy kan daarby as 'n bevorderaar aansluit deur Chinthaka te kontak by: writesupp@gmail.com

En moenie vergeet om oor sy profiel te sweef op http://wripes.blogspot.com/

Chinthaka woon in Colombo, Sri Lanka.

Ervaar die uniekheid van WRIPES!

Met sulke welwillende en passievolle siele wat ons wêreld deurwerk, sou dit niks minder as 'n wonderbaarlike geleentheid wees om saam met hulle te werk nie. Om aan die WRIPES deel te neem sal jou 'n ryk en vervullende ervaring gun, anders as enigiets wat jy al vantevore ervaar het.

Dit wissel van om te werk met kwessies wat van toepassing is op die samelewing, tot die feit dat jy jouself heeltemal verdiep  en vasgevang in jou verhaal bevind, geweef met sagte woorde en sterk bande. Die WRIPES verskaf jou nie alleenlik met 'n simulasie van die regte literêre wêreld nie, maar dit stel jou ook in staat om jou verborge talent te verken, met die wêreld deur middel van jou subtiele verhaal te kommunikeer en op te voed en jou die paaie van die lewe te laat stap wat jy nog nooit vantevore gesien het nie. Hulle daag jou uit, of dit nou is om jou minste gunsteling genre te verken en woorde van inspirasie daaroor te skryf, of ure aan navorsing te spandeer om 'n nuwe tema aan te leer.

Maar as passievolle skrywers is ons daarvan bewus dat hierdie uitdagings die beste binne onsself na vore bring. Moet egter nie toelaat dat sy hoë standaard en verwagting jou afskrik nie - stort jou stroom woorde op papier uit en kyk hoe hulle jou drome op 'n toweragtige manier in 'n werklikheid weef. Aan al die skrywers - beginners of amateurs - stap hand aan hand met hierdie WRIPE-projek, en bring jou passie, begeerte om te leer en 'n woordeboek saam, en laat die res oor aan die towenaars en feë van jou drome.

Hoeveel WRIPES is tot dusver gereël?

Sedert die ontstaan ​​van hierdie glansryke platform, het Chinthaka meer as vyf WRIPES gereël, en om presies te wees, is hierdie die 6de WRIPE, wat nie net honderde skrywers van regoor die hele wêreld gelok het nie, maar ook gewild geword het met die toename in die aantal lesers, ondersteuners en bevorderaars. Dit wissel van kwessies rakende die samelewing, tot die viering van die wonderlike menslike lewe op aarde - WRIPE het alles!

WRIPE-1 (Gebaseer op Internasionale Gedenkdag ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Holocaust gehou op 27 Januarie 2018)


Minder as 'n eeu gelede het gruwelike massamoorde gedurende die tweede wêreldoorlog ons planeet met smart, verdriet en die viktimisasie van miljoene onskuldige mense gehul. Om hierdie tragiese episode in die geskiedenis van die mensdom te herdenk, erken ons wêreld die 'Internasionale Herdenking van die Holocaust' elke jaar op 27 Januarie. En ongeveer twee jaar gelede, het amateurskrywers met hul literêre vaardighede hul respek vir diegene wat om gekom het, getoon. Dit was deur die eerste WRIPE-projek, WRIPE -1, uitgestal. Stel jy daarin belang om dit te lees? Tik eenvoudig 'holocaust 2018' as twee woorde op Sweek in, en die biblioteek van sensasionele skryfwerke sal sy hart uit stort!

WRIPE-2 (Gebaseer op Internasionale Moedertaaldag gehou op 21 Februarie 2018)


Ons beweeg nou aan na 'imld' (WRIPE -2)! Tik dit as een woord in Sweek, en jy sal die rol en betekenis van ons moedertaal in ons daaglikse lewe verstaan. Ten spyte van ons aangetrokkenheid tot die algemene aanvaarde taal, Engels, moet ons nie ons voorvaderlike wortels sowel as ons moedertaal vergeet nie, omdat dit is wat ons wese tot bestaan gebring het. En dus, ter viering van die 'Internasionale Moedertaaldag' wat elke jaar op 21 Februarie gehou word, het amateurskrywers van regoor die wêreld, bewusmaking verhoog deur hul moedertale te vier. Moet dus nie vergeet om dit te lees nie. Jy sal verbaas wees! Maar wag, daar's meer :)

WRIPE-3 (Gebaseer op Wêreldwaterdag gehou op 22 Maart 2018)


"Ons vergeet amper altyd dat die watersiklus en die lewensiklus een is", nie waar nie? Vandag is ons so vasgevang in ons werk dat ons nie besef dat, tensy ons verantwoordelikheid neem en optree, die putte, sowel as ons ​​oë, droog sal word. Ten spyte van die belofte om water op 'Wêreldwaterdag' te bespaar - wat elke jaar op 22 Maart gevier word - het ons ongelukkig nog nie sake in ons eie hande geneem nie. En daarom het amateurskrywers van regoor die hele wêreld deur hul sensasionele skryfwerk as deel van WRIPE - 3, dit op hul skouers geneem om bewusmaking van hierdie dringende saak te verhoog. Tik eenvoudig 'vnwater' in Sweek in, en maak gereed om te belowe om moeder Aarde te red .

WRIPE-4 (Gebaseer op Internasionale Asteroïeddag gehou op 30 Junie 2018)


Pasop! Neem skuiling! 'n Massiewe asteroïed, wat bestem is om die menslike bevolking van die aarde af uit te wis, is op ons pad. Of dit nou kinders, jong mense of selfs volwassenes is, die mistiek van die ruimte hou nooit op om die menslike ras te fassineer nie. Daarom het Chinthaka Nanayyakara met nog 'n interessante WRIPE vorendag gekom. WRIPE - 4. Wat nie net lesers en skrywers wat in die Boeddhistiese wêreld en die geeste belangstel, lok nie, maar ook diegene wat deur die skoonheid van die heelal betower is.

'Wêreld Asteroïeddag' word jaarliks ​​op 30 Junie gevier, met die doel om bewusmaking op die gebied van wetenskap en mistiek te verhoog. Is dit nie wonderlik nie? Wag tot jy 'asteroïed' as een woord in Sweek tik en begin om die e-boeke te lees. Ek kan jou een ding belowe - jy sal van die begin af na die land van verwondering vervoer word!

Dis een van die suksesvolste skryfprojekte wat tot dusver deur Chinthaka gereël is. Dit het erkenning gekry van die wêreldbekende astronomietydskrif wat hom toegestaan ​​het om 'n gas blogpos oor die geleentheid te skryf.


En dit het hom ook in 2020 'n permanente gasblogger op die ruimte-liewende kinderwebtuiste, OurUniverseForKids, gemaak.


Maar wag, daar's meer! WRIPE - 6!

WRIPE-6 (Gebaseer op die Internasionale Asteroïedag gehou op 30 Junie 2020. U is hier!)

WRIPE - 6, ons WRIPE wat tans aan die gang is, het weereens die tema van asteroïede, maar met 'n kinkel. Hierdie keer moet amateurskrywers hulself en hul onderskeie lande uitdaag om die gevolge van 'n lewensgevaarlike asteroïed wat oor hul koppe val, te ondersoek! Kan jy jou voorstel dat 'n asteroïed op hierdie oomblik verby die lug beweeg? Maar wat meer is- WRIPE-6 is beskikbaar in Hindi, Koreaans, Spaans, Portugees, Nordies en Afrikaans! Nou ja, kom ondersteun ons WRIPE - 6 en bederf jouself met honderde vrylik toeganklike e-boeke oor hierdie tema, deur 'ASTEROIËD2020' as een woord in Sweek in te tik.

En wanneer ookal jy 'n reis deur Geheue Laan wil neem, of dit nou is om jou kennis van die WRIPE-temas uit te brei of om jou vrugbare ervarings te verfris, moet jy nie vergeet om na die pragtige YouTube-promosievideo's van Chinthaka Nanayyakara te kyk nie:


Wel dan, waarom verder wag om jou visioene te bereik, wanneer jy op hierdie oomblik jou werklikheid kan begin weef?

Singaporeërs, luister! Hier is jou kans om by die opkomende WRIPES aan te sluit! 

Ja, ek bedoel dit - op hierdie oomblik. Luister aandagtig, want hierdie kan die keerpunt van jou lewe wees - 'n sagte 'hallo', na die persoonlike e-pos adres van Chinthaka Nanayakkara self -  writesupp@gmail.com - is meer as genoeg om jou met sy skryfprojek vorentoe te stuur :) Wie sou ooit kon geweet het dat 'n eenvoudige 'hallo' ons na die weg van sukses sou lei?

En om uiteindelik 'n kersie op die koek te sit, is WRIPE nie net 'n manier om 'n aantal volgelinge te kry wat daarna streef om soos jy te wees nie, dis ook 'n direkte weg om deur die VN erken te word.

Die WRIPES is immers VN-geregistreerde gebeurtenisse! Ons almal verlang na roem en liefde van mede mense, en ons wil dit inderdaad vinnig hê - wel dan, moenie langer wag nie, want om vir 'n WRIPE in te skryf sal een van die beste besluite wees wat jy as outeur kan neem.


Comments